54 Classic Gholfdag

54 Classic: Speel ‘n rol in die volgende generasie se sukses

WAT IS DIE CLASSIC ’54-GHOLFDAG?
Die MOS Classic ’54-gholfdag is ‘n fondsinsamelingsinisiatief wat die vorm van ‘n 54-putjie gholfdag aanneem. 54 Spelers (18 drieballe) slaan om 05:15 die oggend met ‘n gelyktydige afslaan (shotgun start) af en speel 54 putjies (dus drie volle rondtes gholf!). Geen gholfkarretjies word toegelaat nie, maar joggies is wél beskikbaar. Die formaat van die kompetisie is ‘n Individuele Stableford. Spelers moet al 54 putjies voltooi om vir enige prys in aanmerking te kom. Hemel op aarde vir kranige gholfers! Dié formaat word reeds 15 jaar aangebied. Wees deel van dié ongelooflike dag!
HOEKOM DIE CLASSIC ’54-GHOLFDAG?
Die MOS Inisiatief het ‘n beursfonds toT stand gebring wat ten doel het om behoeftige kinders toegang tot kwaliteit Afrikaanse onderrig te bied. Die doelwit van die gholfdag is dus om fondse vir behoeftige leerders in te samel. Ongeveer 1,5% van Die MOS Inisiatief se leerders kan nie hul skoolfonds bekostig nie en die gholfdag kan help om vir ongeveer 30 leerders ‘n 70% beurs te genereer.
HOE RAAK JY BETROKKE?
Deelname aan die gholfdag verseker vir ten minste vyf leerders in die MOS Skole Groep toegang tot kwaliteit onderrig en dus ‘n beter toekoms.
Daar is verskeie pakkette beskikbaar om betrokke te raak en op so ‘n manier ‘n verskil aan ‘n kind se lewe en die toekoms van ons land te maak.
Vir jou borgskap sal jy ‘n belastingvrystellingsertifikaat van MOS Beurse OWO ontvang.
Die leerders wat by die beurse baat is ons toekomstige leiers en ons weet dat, indien hulle nou met kwaliteit onderrig ondersteun word, hulle eendag op alle vlakke van die samelewing ‘n bydrae sal maak en weer op hulle beurt sal terugploeg.
REgistreer ‘n span
die mos 54 classic gholf 1002
die mos 54 classic gholf 1001
die mos 54 classic gholf 1000