MOS Beursfonds

Kwaliteit onderrig vir ’n helder toekoms

Die MOS Beursfonds het ten doel om behoeftige kinders toegang tot kwaliteit Afrikaanse onderrig te bied. Die leerders wat by die beurse baat is toekomstige leiers en indien hulle nou met kwaliteit onderrig ondersteun word, sal hulle eendag op alle vlakke van die samelewing ‘n bydrae maak en weer op hulle beurt terugploeg. Die program staan al die leerders van die MOS Inisiatief by – ongeag geslag, ras of gemeenskap.
Meer inligting

Beurse vir ‘n blink toekoms: Aansoeke oop

Indien u aansoek wil doen vir ‘n beurs, vul asseblief die volgende vorm in (klik hier). Let daarop dat beursaansoeke slegs kwartaalliks geëvalueer word en u dus tot drie maande vir terugvoer op ‘n aansoek kan wag.
Aansoekers sal in beide gevalle terugvoer ontvang, hetsy die aansoek suksesvol was, aldan nie.
Doen aansoek

Borg ‘n leerder en bou ‘n beter toekoms

Indien u dalk n leerder wil borg met n beurs, klik asb hier vir Afrikaans of hier vir Engels.