Die MOS Inisiatief vergroot sy aandeel in Vuurvliegie Akademie, Beaufort-Wes

Vuurvliegie Akademie

Die MOS Inisiatief brei sy belange in die Karoo uit

Die MOS Inisiatief het sy aandeelhouding in Vuurvliegie Akademie in Beaufort-Wes met ‘n verdere 10% verhoog — ‘n stap wat direk voortspruit uit die skool se uitstekende en volgehoue groei, en wat voortbou op die organisasie se bestaande 20%-aandeel.

Saam met die groep se eienaarskap van Karos Akademie, ook in Beaufort-Wes, versterk dit Die MOS Inisiatief se voetspoor in die streek aansienlik.

Die twee skole kan nou nader aan mekaar bestuur word, sodat hulle nie teen mekaar kompeteer nie, maar hand aan hand aan dieselfde doelwit werk: hoëgehalte Afrikaanse moedertaalonderrig in die hartjie van die Karoo.

Vir gesinne beteken dit minder reis- en koshuiskoste, en leerders wat in hul eie, bekende omgewing kan grootword sonder om op onderrigkwaliteit in te boet.

Belanghebbers word genooi na die amptelike aankondiging en viering op Donderdag 6 Augustus 2026 vanaf 17:30 by Karos Akademie.

28 Julie – Oorspronklike Verklaring

Laai die volledige mediaverklaring af (PDF)

29 Julie – Opvolgverklaring met betrekking tot sosiale media kommentaar

Laai die Opvolg mediaverklaring af (PDF)