MOS Beurse

Die MOS Inisiatief Beursfonds het ten doel om behoeftige kinders toegang tot kwaliteit Afrikaanse onderrig te bied.  Die leerders wat by die beurse baat is toekomstige leiers en indien hulle nou met kwaliteit onderrig ondersteun word, sal hulle eendag op alle vlakke van die samelewing ‘n bydrae maak en weer op hulle beurt terugploeg.  Die program staan al die leerders van die MOS Inisiatief by - ongeag geslag, ras of gemeenskap.


Indien u aansoek wil doen vir 'n beurs, vul asseblief die volgende vorm in (kliek hier).  Let daarop dat beursaansoeke slegs kwartaalliks geëvalueer word en u dus tot drie maande vir terugvoer op 'n aansoek kan wag.  Aansoekers sal in beide gevalle terugvoer ontvang, hetsy die aansoek suksesvol was, aldan nie.


Indien u dalk n leerder wil borg met n beurs, kliek asb hier vir Afrikaans of hier vir Engels


Meer inligting oor MOS-beurse
Share by: